Maart 16, 2009

kaalvoet

Posted in 1 at 12:21 deur griffelaar

Ek wens vir ‘n kaalvoet siel
Wat deur die lewe stap
Sonder pretensie, plastiek of aangeplakte plesier
Sommer net ‘n kaalvoetsiel
Wat haarself verlekker
In die veersagte druppels van vroegdag se dou
Wat soetvuil vingers aflek
En teruggaan vir « Nóg ! »
En skaterlag vir sommer net

Ek wens vir ‘n kaalvoetsiel
Met wondergroot oë
Wat die magic in haar mond ronddra
en die katte, kinders en kraaie
betower

Ek wens vir ‘n kaalvoetsiel
Wat die lig in haar hart dra
Om al die spinnerakke en donker moment
In ‘n wink verdryf
En met skewe smile en sproetgesig
Die wêreld ‘n duisend skakerings
van geluk kan verf

1 Kommentaar »

  1. Janri said,

    So besit ek my eie blog op LitNet, ondr die naam kaalvoetsiel, kon dus nie help om die gediggie van jou daar op te sit nie, hoop nie jy gee om oor die diefstal van my nie, dit was net so akurate beskrywing van my wese. ek het wel die eer aan jou gebring met jou naam daarondr. dankie, jy het my weer hoop gegee in `n wereld waar ek begin alleen voel het.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.