Maart 15, 2009
Verandering se toon!
Okay, mense hou in die algemeen nie van verandering nie. I mean, whats to like?
Gister nog het jy presies geweet hoe alles in mekaar steek en vanoggend stamp jy jou kleintoontjie binne-in sy glorie teen die tafel/stoel/random meubesltuk wat gister nie daar was nie, en maak die hele buurt wakker met jou bloedstollende gille of (as jy nou soos ek is en wel ander mense in ag neem) jy hop op rond soos ‘n af-been hobo terwyl die trane jou wange afrol omdat jy jou lip nou ook stukkend gebyt het.
Nee wat, verandering is ‘n euwel mits jy ‘n doelgerigte poging aanwend om die nuwe posisie van watookal die ruimte vul te onthou in jou middernagtelike strompelinge.
Dit klink soos enige sosiale verandering. Vat nou maar sosiale netwerke. Soos die mense uit die oude doos dit gedoen het was daar menigte skemerkelkies (dank vader vir alkhol)en ‘n magdom handdrukke van ou mans wat poog om intimiderend voor te kom maar eintlik net groot koppe in Woolworths suits is. Deesdae netwerk mens letterlik. In plaas daarvan om op jou baadjie getakseer te word, word jy nou op jou blog, facebook, myspace EN webblad takseer nog voordat jy ‘n slap-snoek handdruk gegee is. Nou dís ‘n gedaante om bo-oor te val as jy nie by jou volle bewuste is nie.
Maar selfs verandering het sy plek in hierdie wêreld. Verbeel jou net vroue het in die tyd van global warming (wat ook ‘n produk van verandering is, maar ons hou dinge liefs positief) steeds die Voortrekker gewaad of die 80′s shoulder pads (wat as Frisbees kon dien as ma’s dit toegelaat het) gedra het. Selfs die infrastruktuur is besig om ‘n facelift te kry (al is dit net vir 2010 en al maak hulle dit nie betyds nie).
Verandering is iets om ge-celebrate te word, al is dit net omdat dit beteken dat ons nie in ellende stagneer nie. Wat is die prys van ‘n gekraakte kleintoontjie teen agtergeblewenheid nou eintlik?
