Augustus 30, 2008
W.S.S
Ek staan voor jou deur
Met my hand gerig om daaraan te klop
Ek staan voor jou deur
En ek bid dat jy sal oopmaak
Die krake in die hout
Soos ou bekende gesigte
Waarvan elke groef
‘n Honderd keer herhaal is
Ek staan voor jou deur
En wonder of jy weet
Dat ek virewig hier sal staan
Met die hoop om dalk ‘n eendag
die moed bymekaar te skraap
Om vir jou te se hoe jammer ek is
En hoe ek na jou verlang
En ek weet
dat jy agter die deur is
en ek weet
jy voel dieselfde
Maar die loodswart oe van die kwaste
wat soos spoke vir my loer
laat moed en hoop wankel
en ek laat sak my hand
en rus my voorkop
teen jou deur
