Augustus 15, 2008
vreemd
dis vreemd hoe die wereld werk
herfs
winter
lente
somer
dinge wat moet wees
dinge wat bevestig dat die tik tak van die wereld
rustig sy tikke tak
dis vreemd hoe die wereld werk
wanneer die laaste korrel sand wegglip
en jy jou laaste asem uitblaas
hou die rustige tik tak van die wereld
sy woordlose ritme
soos wat dinge moet wees
dis vreemd
want wanneer my arms slegs die leemte wat jy nalaat omvou
val my wereld uitmekaar
want dinge is nie soos wat dit moet wees nie
en die oorverdowende tik tak
eggo
eggo
eggo
